Polisiebeampte vermoor vriendin, pleeg selfmoord

ʼn Polisiebeampte van Ladysmith in KwaZulu-Natal het sy vriendin doodgeskiet voor hy selfmoord gepleeg het.

ʼn Polisiewoordvoerder, kol Vincent Mdunge, sê konst. Sthembiso Mazibuko (28), het Woensdag sy vriendin agt keer geskiet. Mazibuko het glo ʼn uitval met sy vriendin gehad voor hy haar in sy woonstel geskiet het. Mdunge sê Mazibuko het nadat hy sy vriendin doodgeskiet het na die polisiestasie gehardloop waar hy ʼn ander polisiebeampte se vuurwapen gegryp het en ʼn persoon geskiet het wat naby die polisiestasie verbygeloop het. Die man het oorleef. Mazibuko het toe glo ʼn motor wat by die polisiestasie parkeer was gevat en terug gery na sy woonstel toe waar hy homself geskiet het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.