Polisiebeamptes doodgeskiet tydens kaping

Twee polisiebeamptes is doodgeskiet tydens ʼn kaping in Vereeniging, Gauteng.

Kapt. Pinky Tsinyane, ʼn polisiewoordvoerder, sê die eienaar van ʼn huis in Korhaanstraat en sy broer het Saterdagaand by die perseel uitgery toe ʼn wit Elantra hulle motor blokkeer het. Drie mans het uit die Elantra gespring en die man en sy broer met vuurwapens aangehou en die sleutels van hul motor geëis. Een van die mans het na ʼn polisievoertuig probeer hardloop waarna die kapers hom in die been geskiet het. Die kapers het hierna op die twee polisiebeamptes losgebrand nadat hulle uit hulle motor geklim het. Die adjudant-offisier en konstabel is op die toneel dood verklaar. Die kapers het met die polisievoertuig gevlug. Dit is later verlate langs die pad gevind nadat hulle ʼn ander motor gekaap het. Verlede week is konst. Eianah Rangani doodgeskiet en sy kollega ernstig gewond terwyl hulle in Hillbrow gepatrolleer het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.