Polisiebeamptes dreig vrou glo met verkragting

ʼn 28-jarige vrou is Maandagoggend glo verbaal deur polisiebeamptes van die Sinoville-polisiestasie in Pretoria geteister.

Die vrou, wat anoniem wil bly, het aan Maroela Media gesê dat sy Maandagoggend omstreeks 03:00 in Braam Pretorius-rylaan in Sinoville gery het toe twee polisiebeamptes haar afgetrek het. Sy het aan die beamptes gesê dat sy nie daar uit die motor wou klim nie, en versoek dat hulle haar eerder na die naaste vulstasie moet agtervolg.

Volgens die vrou het die beamptes haar gevolg, maar by die vulstasie het hulle haar glo verbaal begin teister. Die beamptes het haar glo gevra of sy ʼn rassis is aangesien sy nie uit die motor wou klim nie, en vir haar gesê dat hulle die volste reg het om haar te skiet. “Dit sal soos Marikana wees,” het die beamptes glo aan haar gesê. Die beamptes het glo ook vir haar gevra of sy al ooit deur ʼn polisieman verkrag is.

Die vrou sê hulle het nie haar bestuurderslisensie nagegaan nie en sy is ook nie aangekla nie. Die beamptes het ook nie ʼn alkohol-toets gedoen nie. Volgens die vrou het die beamptes glo ook geinsinueer dat sy “baie braaf” is om vrou alleen so laat in die aand rond te ry, en wou by haar weet waar sy bly. Die beamptes het haar motor deursoek waarna sy toegelaat is om te ry.

Die vrou het probeer om ʼn klag by die polisiestasie in Hercules in te dien, maar is na die Onafhanklike Klagtedirektoraat verwys. Sy wou die saak nie persoonlik by die Sinoville-polisiestasie indien nie, uit vrees vir verdere intimidasie. Haar ouers het haar bygestaan en hulle is tans in die proses om ʼn skriftelike klag by die Sinoville-polisiestasie in te dien. Maroela Media sal die saak verder opvolg sodra die skriftelike klag ingedien is. Mirna von Beneke, woordvoerder vir die polisiestasie, sê hulle sal ook reageer sodra die skriftelike klag ontvang is.

Intussen verneem Maroela Media ook van ʼn 23-jarige vrou wat beweer dat sy deur beamptes van die Sinoville-polisiestasie geïntimideer is. Die vrou is op 4 November net ná 20:00 in ʼn grypdiefstal (smash and grab) in Eeufeesweg betrokke. Die vrou het ‘n klag by die Sinoville-polisiestasie probeer indien aangesien sy in die area woon. Die beamptes wou glo saam met haar na die misdaadtoneel gaan, maar sy wou nie vrou alleen saam met die beamptes ry nie. “Die twee mans wat aan diens was, het my stief behandel en ʼn aggressiewe houding gehad. Hulle het onvanpaste aanmerkings gemaak en net geweier om my te help aangesien dit nie in daai area plaasgevind het nie.” Sy is huis toe sonder om die saak aan te meld. Die vrou het uiteindelik die saak op 6 November by die Brooklyn-polisiestasie, wat ook nie in die area is waar die voorval plaasgevind het nie, aangemeld. Volgens die vrou het hulle haar daar “goed behandel” en dokumentasie sonder enige probleme na die betrokke polisiestasie deurgestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Dan van Eijk ·

Ek’s glad nie verbaas oor hierdie optrede deur Sinoville SAPD nie. Ons het self ‘n paar insidente met hulle gehad.

Daar is in 6 weke se tyd 4 keer by my pa se huis ingebreek, waarvan hulle 2 keer uitgegaan het en slegs 1 maal vingerafdrukke geneem is. Volgens hulle word die vingerafdrukke deur ‘n ander afdeling gedoen, maar hoe dan gemaak met uitgaan na die toneel as dit in Magalieskruin is??

Ons het ook al hulle intimedasie beleef as jy ‘n saak wil gaan maak. Hulle is ongeskik, aanvallerig en is so goed opgelei om jou uittelok deur opmerkings te maak wat raak aan rassisme.

Hulle sit hulle noodligte aan in Zambezi, ry in die geel lyn verby die spoedkamera, wanneer hulle in Vinko afdraai, dan word die noodligte afgesit en ry dood rustige stasie toe.

Sinoville SAPD wil net nie blankes help nie. Hulle neem net ‘n slapgat houding in wanneer hulle hulself oor ‘n stoel drapeer (want dis nie eers le nie), kou oopmond wat jy kan hoor hoe hulle kou, kyk jou deur skrefies oe, en wil nie beweeg nie.

Ek moet byse dat die blanke speurders is in ‘n totale ander kaliber! Ek het een oggend 3h00 gebel oor ‘n man wat sy vrou slaan, en hulle het uitgekom sonder ‘n probleem – dankie daarvoor!

Ons het gevind dis beter om Kameeldrift SAPD toe te gaan. Hulle diens is baie beter en hulle WIL jou help. Die beste van als is dat hulle probeer om jou in Afrikaans te help, maak nie saak hoe krom en skeef dit is nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.