
Bongani Moyo, een van Suid-Afrika se mees gesoekte misdadigers. Moyo het verlede week uit die Pretoria landdroshof ontsnap.
Volgens EWN staar die polisiebeamptes dissiplinêre aksie in die gesig. Dit is egter nie duidelik wat die beamptes se rol was in sy ontsnapping nie. Moyo word met minstens 35 bankrowe verbind en is steeds soek. Moyo is in Mei vanjaar by Beitbrug grenspos in hegtenis geneem nadat hy in Maart vanjaar uit polisieaanhouding ontsnap het. Hy het glo na Zimbabwe gevlug maar het na bewering probeer terugkeer vir mediese behandeling. Moyo is 2009 in hegtenis geneem nadat hy in 2008 ook uit die tronk ontsnap het. Die staat het vroeër ’n beloning van R50 000 uitgeloof vir inligting wat kan lei tot Moyo se arrestasie.