Polisiebeamptes geskors na mees gesoekte misdadiger se ontsnapping

Bongani Moyo, een van Suid-Afrika se mees gesoekte misdadigers. Moyo het verlede week uit die Pretoria landdroshof ontsnap.

Die polisie het twee ondersoekbeamptes geskors nadat een van die land se mees gesoekte misdadigers, Bongani Moyo, verlede week tydens sy verskyning by die Pretoria landdroshof ontsnap het.

Volgens EWN staar die polisiebeamptes dissiplinêre aksie in die gesig. Dit is egter nie duidelik wat die beamptes se rol was in sy ontsnapping nie. Moyo word met minstens 35 bankrowe verbind en is steeds soek. Moyo is in Mei vanjaar by Beitbrug grenspos in hegtenis geneem nadat hy in Maart vanjaar uit polisieaanhouding ontsnap het. Hy het glo na Zimbabwe gevlug maar het na bewering probeer terugkeer vir mediese behandeling. Moyo is 2009 in hegtenis geneem nadat hy in 2008 ook uit die tronk ontsnap het. Die staat het vroeër ’n beloning van R50 000 uitgeloof vir inligting wat kan lei tot Moyo se arrestasie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.