Polisiebeamptes glo betrokke by vangwa-bom

Die foto is deur @johannesmyburgh op Twitter gelaai.

Polisiebeamptes was moontlik betrokke by verlede week se insident waartydens ‘n polisievangwa tydens ʼn mislukte ontsnappingspoging opgeblaas is.

Die onafhanklike polisie-ondersoek­direktoraat (Opod) het Vrydag gesê ondersoek is steeds onderweg, maar daar is vasgestel dat polisiebeamptes by die voorval betrokke was en die ploftoestel ingesmokkel het.

“Ons kan in die stadium nie meer inligting bekend maak nie. Die beamptes sal binnekort in hegtenis geneem word,” het Moses Dlamini, Opod se woordvoerder, gesê.

Maroela Media het vroeër berig drie gevangenes is dood en 14 beseer tydens die voorval. Die vangwa het gevangenes van ʼn hof in Randburg terug na die Johannesburg Sentraal-gevangenis (ook bekend as Sun City) vervoer toe die ontploffing plaasgevind het. Dan Mabone, Ephraim Moyo, James Motsiti en Raymond Moyo het verlede Vrydag in verband met die voorval in die hof verskyn. Hulle word aangekla van moord, poging tot moord, ontsnapping, besit van plofstof en opsetlike saakbeskadiging. Al vier mans het voor die voorval tereggestaan op aanklagte van roof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.