Polisiebeamptes in hof

Twee polisiebeamptes het in aparte sake in die hof verskyn op aanklagte van onder meer besigheidsroof en oortreding van die Vuurwapenbeheerwet.

ʼn Polisie konstabel, Collen Tshepo Skhosana (28), Aaron Mahlangu (28), Themba Gule (27) en Cannon Mabindisa (27) het Maandag in die Kriel landdroshof verskyn op aanklagte wat verband hou met besigheidsroof, die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie en gesteelde goedere. Die beskuldigdes is Saterdag in hegtenis geneem nadat hulle glo twee winkels in Blinkpan en Rietspruit naby Middelburg in Mpumalanga beroof het. Twee vuurwapens, ammunisie en gesteelde goedere is by Skhosana se huis gevind. Hulle sal weer op 3 Mei in die hof verskyn wanneer hulle om borg sal aansoek doen.

Intussen het nog ʼn polisiebeampte, ao. Tshepo Masilo Tsotetsi (44), in die Piet Retief landdroshof verskyn op aanklagte wat verband hou met die Vuurwapenbeheerwet. Daar is verlede week ses vuurwapens en ammunisie in Tsotetsi se kantoor gevind by die Dirkieskop-polisiestasie. Die vuurwapens is deur private eienaars aan die staat verbeur. Tsotetsi sal weer op 3 Mei in die hof verskyn. Hy is op waarskuwing vrygelaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.