Twee polisiebeamptes van Durban is in hegtenis geneem nadat hulle met prostitute gevang is in hulle gemerkte polisievangwa.
The Star berig dat die twee beamptes Maandagaand deur lede van honde-eenheid in Clairwood betrap is. Die beamptes van die honde-eenheid het glo die vangwa genader en ʼn man in die voorste sitplek gesien sit met ʼn vrou wat op haar knieë voor hom gestaan het. Die beampte in die vangwa het glo ʼn vuurwapen uitgeruk voor hy weggejaag het. Die beamptes van die honde-eenheid het die polisievangwa agternagesit en dit gedwing om te stop. Die prostituut wat voor in die vangwa gesit het, het probeer weghardloop. Die bestuurder het ook probeer weghardloop waarna die ander beamptes ʼn polisiehond op hom losgelaat het. Die beamptes van die honde-eenheid het eers hierna agtergekom dat nog ʼn polisiebeampte en prostituut agter in die vangwa was. Die twee polisiebeamptes is in hegtenis geneem en na ʼn polisiestasie geneem waar ander beamptes geweier het om ʼn saak aanhangig te maak aangesien die praktyk van gratis seks met prostitute, ook bekend as “num-num”, glo algemeen is. ʼn Saak is egter twee dae later aanhangig gemaak.