Twee polisiebeamptes van die Wierdabrug-polisiekantoor in Centurion is ernstig beseer nadat hulle in ʼn ongeluk betrokke was terwyl hulle ʼn verdagte agternagesit het.
Kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die polisie, sê die polisiebeamptes is glo na ʼn toneel ontbied waar twee mans in ʼn geveg oor ʼn iPad-tabletrekenaar betrokke was. Mogale sê terwyl die beamptes een van die verdagtes agterna probeer sit het, was hulle in ʼn ongeluk betrokke. Die een beampte is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal terwyl die ander beampte ernstig beseer is.