Polisiebeamptes in ongeluk beseer

photoTwee polisiebeamptes van die Wierdabrug-polisiekantoor in Centurion is ernstig beseer nadat hulle in ʼn ongeluk betrokke was terwyl hulle ʼn verdagte agternagesit het.

Kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die polisie, sê die polisiebeamptes is glo na ʼn toneel ontbied waar twee mans in ʼn geveg oor ʼn iPad-tabletrekenaar betrokke was. Mogale sê terwyl die beamptes een van die verdagtes agterna probeer sit het, was hulle in ʼn ongeluk betrokke. Die een beampte is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal terwyl die ander beampte ernstig beseer is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.