Polisiebeamptes ontslaan na hulle glo prokureur aanrand, vloek

Drie polisiebeamptes wat daarvan beskuldig word dat hulle ʼn prokureur van Vereeniging aangerand en die K-woord toegesnou het, is uit die polisie ontslaan.

Die Sowetan berig dat die beamptes skuldig bevind is aan wangedrag na interne dissiplinêre stappe teen hulle geneem is. Thomas Mahlobogoane is glo op 17 Junie vanjaar deur die drie polisiebeamptes voorgekeer omdat sy motor se hoofligte glo af was. Mahlobogoane het glo aan die beamptes gesê dat sy ligte wel aan is, waarna hy geboei is. Mahlobogoane beweer hy is glo geslaan, geskop en ’n k***** genoem. Volgens Mahlobogoane het een van die polisiebeamptes sy besigheidskaartjie gevind en gesien hy is ʼn prokureur. Die polisiebeampte het toe glo probeer om verskoning vra en aan Mahlobogoane gesê om, indien hy deur ʼn dokter ondersoek word, te se hy het geval. Die polisie-waghond, die Onafhanklike Klagtedirektoraat, ondersoek die saak. Die polisiebeamptes se name kan nie bekendgemaak word nie aangesien hulle moontlik ook strafregtelik vervolg kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.