Polisiebeamptes op hoofweg geskiet

Die foto is deur @Nash_R1 op Twitter gelaai.

Twee polisiebeamptes is Dinsdagmiddag gewond nadat vier mans op hulle losgebrand het op die M2-hoofweg in Johannesburg.

Lt. kol. Lungelo Dlamini, ʼn polisiewoordvoerder, sê die twee beamptes, onderskeidelik 30 en 37 jaar oud, het die hoofweg gepatrolleer toe hulle vier verdagte mans in ʼn Mercedes Benz opgemerk het. “Toe hulle die motor van die pad af probeer trek het, het die insittendes met aanvalsgewere (moontlik R5’s) op die beamptes losgebrand. Die beamptes is albei in die bolyf geskiet waarna die verdagtes weggejaag het.” Dlamini sê die beamptes is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling. ʼn Groot groep polisiebeamptes is kort hierna op die toneel gesien terwyl ʼn polisiehelikopter die gebied gepatrolleer het. Die verkeer in die area is erg ontwrig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.