Polisiebeamptes sterf, kinders beseer in ongeluk

Twee polisiebeamptes is Dinsdag dood en sewe kinders is beseer na ʼn botsing buite Oos-Londen in die Oos-Kaap.

Ernst Sigobe, ʼn polisiewoordvoerder, sê ʼn minibus wat skoolkinders vervoer het, het teen ʼn polisievoertuig gebots in Mdantsane. ʼn 39-jarige sersant en 32-jarige klerk van die Mdantsane-blitspatrollie is in die ongeluk dood. ʼn Adjudant-offisier, wat ook in die polisievoertuig was ten tyde van die ongeluk, is ernstig beseer. Die beseerde kinders, tussen nege en 13 jaar oud, is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling. Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.