Polisiebeamptes tronk toe vir moord

Twee polisiebeamptes van KwaZulu-Natal is elk tot 15 jaar tronkstraf gevonnis in die Richardsbaai-streekshof vir moord.

Moses Dlamini, woordvoerder van die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod), sê Freeman Masikane en Bhekuyise Dladla was oneerlik oor die gebeure van 16 September 2009 wat tot die dood van ʼn man gelei het. Dlamini sê die beamptes het beweer dat hulle op die dag ʼn berig van ʼn gesteelde voertuig ontvang het. Die beamptes het die motor agternagesit en beweer die bestuurder Sandile Dube (22) het geweier om te stop. “Die lede het skote op die bestuurder afgevuur.” Die bestuurder het beheer oor die motor verloor waarna dit die pad verlaat en omgeslaan het. Dube en ʼn passasier is uit die motor geslinger. “Die polisielede het beweer dat Dube gesterf het weens die ongeluk. Opod het die ondersoek oorgeneem en bevind dat die twee lede se weergawe nie die waarheid was nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.