Polisiebeamptes uitgesluit weens huurdispuut

Sowat 200 polisiebeamptes in Newcastle moes die afgelope week onder meer hul motors as ʼn kantoor gebruik nadat hulle uit hul kantore uitgesluit is weens huurgeld wat glo sedert 2009 uitstaande is.

Die Sunday Times berig dat Anton van Kampen, eienaar van die gebou waarin die polisiestasie gesetel is, Maandag die slotte van die perseel verander het. “Dit is baie geld wat betrokke is,” het hy aan die koerant gesê. Van Kampen sê die departement van openbare werke, wat verantwoordelik is vir die huur, het teen Vrydag beloof om die uitstaande huur binne twee weke te betaal. Thamsanqa Mchunu, woordvoerder van die departement, het aan die koerant gesê die uitstaande bedrag hou verband met ʼn verhoging in die huur en betaling rakende bykomende kantoorspasie. Zweli Mnisi, die minister van polisie se woordvoerder, sê hulle is “bekommerd” oor die situasie. “Vir ons beamptes om effektief te wees in hul pogings om misdaad te bestry moet hulle werksomstandighede en –omgewing gunstig wees.” Polisiebeamptes het die afgelope week glo vanuit hul motors gewerk en het glo ook nie toegang gehad tot toerusting wat gebruik word gedurende onluste nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Trippie ·

Dit is tog sy volle reg om tot sulke “uiterstes” te gaan !

Goeiste, as die polisiebeamptes dan geen toegang tot hul kantore gehad het nie, watse werk kon hulle dan doen ?

Willy ·

As die dept. van openbare werke nie hulle verantwoordelikheid nakom om die huur te betaal, laat hulle op straat sit. Daar sal seker geen verskil in die effektiwiteit wat die werk betref verander waar en in watse toestand hulle werk nie.

Gert Malan ·

You ANC-nothing yet! Die huurgeld is seker gespandeer op kos, mooi karre en klere! Geen twyfel waarom die misdaad so floreer nie want hulle wat in beheer is is self ‘n klom misdadigers.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.