Polisiebeamptes vas na hulle glo man in selle aanrand

Saps lsTwee polisiebeamptes is in hegtenis geneem nadat hulle glo ʼn man in aanhouding aangerand het.

“Die twee beamptes is Sondag aangekeer ná ʼn ondersoek deur Opod,” het Moses Dlamini, woordvoerder vir die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) Maandag gesê.

Die beweerde aanranding het op 11 Oktober omstreeks 19:40 plaasgevind nadat die man in hegtenis geneem is omdat hy in besit was van huisbraakinstrumente en na die polisiestasie in Sunnyside geneem is. “Die twee polisiebeamptes het die man glo net ná hy by die polisiestasie aangekom het, begin aanrand,” het Dlamini gesê. “Hy is glo in die selle aangerand totdat hy sy bewussyn verloor het. Die polisiebeamptes het glo daarna water oor hom uitgegooi om hom weer by te bring.”

Hulle het glo met die aanranding volgehou totdat ʼn senior polisiebeampte gehoor het hoe iemand skree en ondersoek gaan instel het. Die beamptes het glo sy bevel, dat hulle moet ophou, ignoreer.

Die man is vir ses dae lank in die Tshwane-distrikshospitaal behandel.

Die twee beamptes sal Maandag in die Pretoriase landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.