Polisiebeamptes vas na rooftog

handcuffs3-320x257Twee polisiebeamptes is in Pretoria in hegtenis geneem in verband met ʼn rooftog by ʼn selfoonwinkel.

Lt.genl. Lesetja Mothiba, provinsiale polisiekommissaris, sê die twee konstabels, onderskeidelik 31 en 36 jaar oud, is Woensdag in Nelmapius in hegtenis geneem na ʼn rooftog in Moreletapark. “Daar word beweer dat vyf verdagtes na die perseel gekom het, twee was gewapen. Hulle het die eienaar gedwing om die kluis oop te sluit en met ʼn onbekende aantal selfone gevlug.” Mothiba sê met die arrestasies van die polisiebeamptes is daar op die gesteelde selfone sowel as skootrekenaars beslag gelê. Die polisie het ook op R16 000 en drie vuurwapens beslag gelê. Mothiba sê ʼn interne ondersoek sal saam die kriminele ondersoek gedoen word. Die konstabels sal Vrydag in die Pretoria-Noord-landdroshof verskyn op twee aanklagte van sakeroof. Die polisie soek steeds na die ander drie verdagtes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Jasper ·

Te min omkoopgeld ontvang om die die boeke te laat klop en moes toe maar uitspring en begin “werk”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.