Polisiebeamptes vas oor beweerde seksnetwerk

Ses mans is in hegtenis geneem in Nelspoort, tussen Beaufort-Wes en Drie Susters nadat ʼn beweerde seksnetwerk hier oopgevlek is waarvan vyf meisies tussen die ouderdom van 12 en 15 betrokke is.

Die Burger berig dat die ses mans, waaronder drie polisiebeamptes, sedert Maandagaand in hegtenis geneem is. Die mans word onder meer aangekla van statutêre verkragting, seksuele misbruik van minderjarige meisies en mensehandel. ʼn 12-jarige meisie, vermoedelik ʼn seksslaaf, is na bewering in twee van die verdagtes se kamer gevind. Sy is vermoedelik ontvoer. Volgens die berig is van die meisies deur die polisiebeamptes met MXit na die aanklagkantoor gelok waar die mans dan glo seks met hulle gehad het. Die meisies is in die sorg van hulle ouers, pleegouers of ʼn plek van veiligheid geplaas. Die ses verdagtes sal na verwagting môre in die Beaufort-Wes-landdroshof verskyn.

Lees die volledige storie hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.