Polisiebeamptes vas oor kaping

SAPDTwee polisiebeamptes is in Elsburg, Germiston in hegtenis geneem nadat hulle glo ʼn vragmotor gekaap en alkohol ter waarde van R2 miljoen gesteel het.

Kapt. Paul Ramaloko, woordvoerder van die Valke, sê die adjudant-offisier en konstabel het glo op 1 November ʼn vragmotor op die N3 van die pad af getrek. Ramaloko sê die bestuurder van die vragmotor en sy passasiers is by ʼn polisiestasie aangehou terwyl die polisiebeamptes die vragmotor na ʼn onbekende bestemming gery het en die alkohol afgelaai het. Die bestuurder en passasiers is later vrygelaat sonder dat hulle formeel aangekla is. “Die polisiebeamptes word van kaping aangekla. Daar is die moontlikheid dat ʼn klag van diefstal ook bygevoeg kan word.” Ramaloko sê alkohol ter waarde van R100 000 is reeds teruggevind. Die polisiebeamptes sal na verwagting Donderdag in die Germiston-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Justi ·

Goeie more aan almal.
En dit is die mense na wie die publiek moet draai vir hulp? Nee dankie. Dis geen wonder baie mense neem eerder die wet in hul eie hande nie.

Eben ·

….. en as ek nie by polisie stop nie? Dan skiet hulle op my en noem dit vir gerief ” … wou weggejaag het!” Dan vra die polisie hoekom word hulle vermoor, omdat hulle haatlik is!

AmY ·

Ai tog. Seker maar die stress. Toe benodig hulle bietjie voggies. Dis mos erg om polisieman te wees in SA.

Louise ·

En die drank toe aan res van die polisie verkoop! Die een so korup soos die ander!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.