Polisiebeamptes vas oor uitbuiting

Twee polisiebeamptes en ʼn Ethiopiër is Dinsdag in Polokwane in Limpopo in hegtenis geneem vir beweerde uitbuiting.

Brig. Hangwani Muluadzi, woordvoerder van die polisie, sê die drie verdagtes is deur die Valke in hegtenis geneem nadat daar R6 500 in hul besit gevind is. Die drie het glo sedert 2011 elke maand R500 van snoepwinkeleienaars geëis en gesê dit is vir huur. Meeste van die snoepwinkels in Witpoort word deur Ethiopiërs besit. “Ons het ʼn lokval vir die drie gestel en hulle is op heterdaad betrap,” sê Mulaudzi. Die drie mans sal binnekort in die Phalala-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.