Polisiebeamptes vas oor verkragting

SAPDTwee polisiebeamptes is in hegtenis geneem nadat hulle glo ʼn 17-jarige meisie verkrag het.

Moses Dlamini, woordvoerder van die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod), sê die twee polisiebeamptes, onderskeidelik 22 en 51 jaar oud, het die 17-jarige meisie glo in September in Atteridgeville, wes van Pretoria, verkrag. Dlamini sê die meisie en haar kêrel het glo ʼn rusie gehad by ʼn kroeg waarna die polisiebeamptes, wat in vol uniform was, tussenbeide getree het. “Die slagoffer het die polisiebeamptes gevra om haar huis te toe te vat en hulle het ingestem.” Dlamini sê die een polisiebeampte het die polisievoertuig gestop en die meisie glo agter in die vangwa verkrag. Die ander beampte het haar glo ook hierna verkrag. Die meisie het haar suster van die beweerde verkragting vertel en die saak is by die polisie aangemeld. Dlamini sê die polisiebeamptes is tydens ʼn identiteitsparade uitgewys en in hegtenis geneem. Die beamptes sal na verwagting Donderdag in die Atteridgeville-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

leon ·

More almal, daar is net nie einde aan die polisie se skelm streke nie. Dames asb as julle die polisie bel moet onder geen omstandighede alleen saam hulle wees nie. Want jy weet nie wat op jou wag nie. Jou probleme mag groter wees as voor jy hulle gebel het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.