Polisiebeamptes vas vir ontvoering

Twee polisiebeamptes van Gauteng is in hegtenis geneem nadat hulle glo ʼn man van Noordwes ontvoer het.

Kapt. Pelonomi Makau, ʼn polisiewoordvoerder, sê die twee polisiebeamptes is Saterdag saam met twee ander mans in Bakerville naby Lichtenburg in hegtenis geneem. Die vier mans het glo twee diamante vir R7 000 gekoop waarna hulle uitgevind het die diamante is vervals. Die mans is hierna na die huis waar hulle die diamante gekoop het om die verkopers te konfronteer. “Toe hulle nie die verkopers kon vind nie het hulle die eienaar van die huis geïntimideer, met die dood gedreig en hom ontvoer.” Die polisie het die vier mans in hegtenis geneem en op twee dienspistole beslag gelê. Die vier mans sal Maandag in die Lichtenburg-landdroshof verskyn op aanklagte van ontvoering en intimidasie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.