Polisiebeamptes wat glo motoris verkrag kry borg

Die twee polisiebeamptes wat daarvan beskuldig word dat hulle ʼn motoris verkrag het, is Woensdag op borgtog vrygelaat in die Alexandra landdroshof.

Die beamptes is op borgtog van R2 000 elk vrygelaat en die saak is uitgestel tot 23 Februarie wanneer ʼn DNS-toets verslag na verwagting aan die hof voorgelê sal word. Die twee beamptes is ʼn konstabel (26) en ʼn sersant (43). Hulle is verlede week in hegtenis geneem nadat hulle glo op 2 Desember ʼn 27-jarige vrou in Paulshof, noord van Johannesburg verkrag het. Landdros Yvonne Prinsloo sê die hoofrede waarom sy borg aan die beskuldigdes toegestaan het, is omdat daar nie ʼn uitkenningsparade gehou is nie. “Die verdediging voer aan dat die staat nie ʼn sterk saak het nie. Ons neem dit in ag aangesien daar tans nie bewyse is dat die vrou deur die beamptes verkrag is nie”. Prinsloo sê hoewel sy seker is die vrou is verkrag is dit nie seker deur wie nie.

In ʼn aparte voorval is die vrou se suster glo ook dieselfde aand verkrag. Die susters het glo verlede Vrydagaand teruggekeer van ʼn partytjie toe die polisie hulle afgetrek het. Die polisie het hulle glo egter laat gaan hoewel hulle gedrink het. Die ouer suster het na bewering haar jonger suster by laasgenoemde se woonstel afgelaai voor sy na haar eie woonstel gery het. Die ouer suster is glo hierna weer deur polisiebeamptes afgetrek en verkrag. Die jonger suster het glo agtergekom dat sy haar sleutels by die partytjie vergeet het en het agter haar suster se motor aangehardloop om haar aandag te trek. ʼn Rooi Opel het glo langs haar gestop waarna twee mans haar glo verkrag het. Haar vermeende verkragters is steeds op vrye voet

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.