Polisiebeamptes wil glo foto’s op Facebook sit na aanranding

polisie 2ʼn Joernalis is glo deur polisiebeamptes aangehou nadat hy hulle afgeneem het terwyl hulle glo foto’s van ʼn beseerde man geneem het.

Die joernalis van die Daily Sun is glo by die Nyanga-polisiestasie naby Philippi in die Wes-Kaap aangehou. Hy het glo polisiebeamptes afgeneem terwyl hulle foto’s geneem het van ʼn man wat ernstig beseer is ná hy deur ontstoke inwoners in Philippi aangerand en aan die brand gesteek is. Die polisiebeamptes het glo gesê hulle gaan die foto’s op Facebook laai. Die beamptes het glo gesien die joernalis neem hulle af waarna hulle hom na die polisiestasie geneem het en glo gedreig het om foto’s van sy kamera af te vee en daarop beslag te lê. Die beamptes het glo ook gedreig om hom in hegtenis te neem vir poging tot moord maar hy is later vrygelaat. Die polisie kon nie vir kommentaar bereik word nie. Dan Plato, LUR vir gemeenskapsveiligheid in die Wes-Kaap, het die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) glo reeds versoek om die voorval te ondersoek.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef) het intussen sy skok oor die voorval uitgespreek. “Die gedrag deur beamptes van die Suid-Afrikaanse Polisiediens is totaal onaanvaarbaar,” het Adriaan Basson, voorsitter van Sanef, in ʼn verklaring gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.