Polisiebegeleiding vir gholfspelers

Henrik Stenson van Swede Vrydag tydens die Volvo Kampioen-gholftoernooi

Deelnemers aan die Volvo Kampioen-gholftoernooi sal Saterdag onder polisiebegeleiding van hul hotelle na die baan vervoer word om seker te maak dat daar nie ‘n verkneersknoop tydens die 101ste byeenkoms van die ANC in Durban veroorsaak word nie.

Pres. Jacob Zuma sal die verwagte skare van 80 000 mense in Kingspark-stadion, regoor die Durban Country Club-gholfbaan, toespreek. Per Ericsson, die president van Volvo-geleentheidsbestuur, het Vrydag gesê die polisiebegeleiding is slegs om seker te maak dat die gholfspelers betyds opdaag vir die toernooi.

Zuma sal ná die ANC-byeenkoms die Volvo Kampioene besoek, ‘n elite byeenkoms van verlede jaar se Europese Toer-wenners.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.