Polisiehoë vas oor hy glo onwettig jag

’n Bevelvoerder van die veediefstaleenheid in die Maake-distrik in Limpopo, is in hegtenis geneem oor beweerde betrokkenheid by onwettige jag.

Paul Ramaloko, woordvoerder van die Valke, sê die 50-jarige man is omstreeks 15:00 Dinsdagmiddag by sy huis in Maake in hegtenis geneem. “Hy is in hegtenis geneem vir die besit van nege ingelisensieerde vuurwapens.” Ramaloko sê daar is op ses jaggewere en drie handgewere beslag gelê. “Ons het inligting opgevolg dat hy betrokke is by onwettige jag.” Ramaloko sê die man sal Donderdag in die Phalaborwa-landdroshof verskyn op aanklagte wat verband hou met die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Rudie Thirion ·

Og nee!! Die Afrikaans vir “handgun” is “handwapen” en nie “handgeweer” nie. In Afrikaans beteken die woord “geweer” net een ding, en dit is ‘n lang wapen wat uit die skouer geskiet word. Die Engels vir “geweer” is “rifle”.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.