‘n Polisiekaptein wat glo in volle uniform aan ‘n sakeroof in Sunnyside in Pretoria deelgeneem het, is in hegtenis geneem.
“Die 56-jarige beampte is saam met twee ander in hegtenis geneem nadat vyf persone ‘n winkel in Sunnyside beroof het,” het kapt. Pinky Tsinyane, woordvoerder van die polisie, gesê. “Hy was glo in uniform.”
Tsinyane sê die kaptein sal binnekort op klagtes van sakeroof in die hof verskyn. Die polisie is steeds op soek na twee ander rowers wat gevlug het.
Miskien moet mnr Zuma met sy polisiemag begin as hy op ‘morele waardes’ wil begin verbeter!
Lekker ou nuwe Suid-Afrika!
Alvorens die SPD nie daarin slaag om die ongewenste elemente uit sy diens te weer nie, kan misdaad ook nie doeltreffend bestry word nie. Dit lyk my dit moet van bo af skoongemaak word want in hierdie geval was die skuldige ‘n polisie-offisier
Begin sommer HEEEEELBO skoonmaak by ons immer gewilde, geliefde Zuma. Bring daai besem en VEE SKOON!!
Wanneer daar werklik n poging aangewend gaan word om te vee en skoopn te vee gaan daar niemand oorbly nie….dis hoe korup Suid Afrika is!