Die provinsiale polisiekommissaris het sy dank uitgespreek dat drie mans in verband met ʼn plaasmoord in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem is.
Maroela Media het Maandag berig Eckard Schütte (76), sy vrou Elizabeth (65) en hul seun Lutz (33) is vermoedelik met ʼn panga en klippe aangerand, waarna hul liggame aan die brand gesteek is. Hul liggame is Sondagmiddag op hul plaas Springfield in Richmond aangetref.
Die egpaar was bekendes in die gebied. Eckard sou Sondag sy 77ste verjaarsdag gevier het. Lutz het spesiaal uit Duitsland gevlieg om sy pa te kom verras. Sy ma het hom Saterdag by die lughawe gaan haal en met hul tuiskoms het die moordenaars hulle ingewag. Eckard was vermoedelik toe reeds vermoor. Lees meer hier.
Kol. Jay Naicker, ʼn provinsiale polisiewoordvoerder, het Dinsdag aan Maroela Media gesê ʼn gesamentlike ondersoek tussen die Richmond-polisiestasie, misdaadintelligensie-eenheid, die polisie se honde-eenheid, die Valke en Magma Security het tot die inhegtenisname van die drie verdagtes gelei. Hulle is Dinsdagoggend omstreeks 04:00 in Sweetwater in die Elandskop-omgewing in hegtenis geneem.
“Die polisie het beslag gelê op drie vuurwapens en selfone wat aan die oorledenes behoort het,” het Naicker gesê. Die verdagtes is tussen die ouderdom van 19 en 20 jaar oud. “Een van die verdagtes het vir die boer gewerk. Die motief vir die moord was huisbraak.”
Lt.genl. Mmamonnye Ngobeni, die provinsiale kommissaris, het al die rolspelers geluk gewens vir die vinnige inhegtenisname van die verdagtes. “Alhoewel ons hartseer is oor die barbaarse aanval en onnodige verlies aan lewe, is ons bly dat diegene wat vermoedelik daarvoor verantwoordelik is, agter tralies is waar hulle behoort,” het Ngobeni gesê.
Lees ook:
AfriForum: ‘Gru-moorde kan toegeskryf word aan regering se stilswye’
Richmond-plaasmoorde: Oorledenes se name bekend
Richmond-plaasmoorde: Gesin se liggame aan die brand gesteek
Plaasmoord: Bejaardes en seun doodgeslaan
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
7 Kommentare
Hate…is an understatement. ?.
Doen dieselfde met hulle as wat met die 3 onskuldige mense gebeur het. Goeie voorbeeld gisteraand op die nuus gesien wat mense kan doen wat saamstaan teen die patetiese regstelsel. Hulle het self afgereken met verkragters. Good for you!!!
Baie interressant dat die woord – bly – in aanhalingstekens is, in die opskrif van die berig.
Nou toe nou……………………..
Motief: huisbraak? NEEE!!! Motief: Suiwer haat!
“Huisbraak as motief”? Wat n grap!!!. Hoekom dan VERMOOR? “Moord as motief” klink eerder reg!! Jammer en sterkte v familie!