Polisiekommissaris “bly” oor arrestasies ná Richmond-plaasmoorde

boeieDie provinsiale polisiekommissaris het sy dank uitgespreek dat drie mans in verband met ʼn plaasmoord in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem is.

Maroela Media het Maandag berig Eckard Schütte (76), sy vrou Elizabeth (65) en hul seun Lutz (33) is vermoedelik met ʼn panga en klippe aangerand, waarna hul liggame aan die brand gesteek is. Hul liggame is Sondagmiddag op hul plaas Springfield in Richmond aangetref.

Die egpaar was bekendes in die gebied. Eckard sou Sondag sy 77ste verjaarsdag gevier het. Lutz het spesiaal uit Duitsland gevlieg om sy pa te kom verras. Sy ma het hom Saterdag by die lughawe gaan haal en met hul tuiskoms het die moordenaars hulle ingewag. Eckard was vermoedelik toe reeds vermoor. Lees meer hier.

Kol. Jay Naicker, ʼn provinsiale polisiewoordvoerder, het Dinsdag aan Maroela Media gesê ʼn gesamentlike ondersoek tussen die Richmond-polisiestasie, misdaadintelligensie-eenheid, die polisie se honde-eenheid, die Valke en Magma Security het tot die inhegtenisname van die drie verdagtes gelei. Hulle is Dinsdagoggend omstreeks 04:00 in Sweetwater in die Elandskop-omgewing in hegtenis geneem.

“Die polisie het beslag gelê op drie vuurwapens en selfone wat aan die oorledenes behoort het,” het Naicker gesê. Die verdagtes is tussen die ouderdom van 19 en 20 jaar oud. “Een van die verdagtes het vir die boer gewerk. Die motief vir die moord was huisbraak.”

Lt.genl. Mmamonnye Ngobeni, die provinsiale kommissaris, het al die rolspelers geluk gewens vir die vinnige inhegtenisname van die verdagtes. “Alhoewel ons hartseer is oor die barbaarse aanval en onnodige verlies aan lewe, is ons bly dat diegene wat vermoedelik daarvoor verantwoordelik is, agter tralies is waar hulle behoort,” het Ngobeni gesê.

Lees ook:
AfriForum: ‘Gru-moorde kan toegeskryf word aan regering se stilswye’
Richmond-plaasmoorde: Oorledenes se name bekend
Richmond-plaasmoorde: Gesin se liggame aan die brand gesteek
Plaasmoord: Bejaardes en seun doodgeslaan

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Theresa ·

Doen dieselfde met hulle as wat met die 3 onskuldige mense gebeur het. Goeie voorbeeld gisteraand op die nuus gesien wat mense kan doen wat saamstaan teen die patetiese regstelsel. Hulle het self afgereken met verkragters. Good for you!!!

Theresa ·

Baie interressant dat die woord – bly – in aanhalingstekens is, in die opskrif van die berig.
Nou toe nou……………………..

JB ·

“Huisbraak as motief”? Wat n grap!!!. Hoekom dan VERMOOR? “Moord as motief” klink eerder reg!! Jammer en sterkte v familie!

Tams ·

Die motief vir die moord was huisbraak???? K*k man!!!! As jy 3 weerlose mense so wreed wil doodmaak is die motief wraggies NIE huisbraak nie, is dit? Dis soos om ‘n bok te vang en stadig dood te martel, want jy’s lus vir biltong. Vieslike gemors :'(

amelia ·

Nee regtig “hussbraak ” wie moet dit glo ? Die “goed” wou moor geen verskoning van huisbraak Hul moet sulke babare ook dood kap en met klippe gooi Sal dan sien hoe smeek hul vir hul lewens maar “goed “dink nie aan ander se lewens nie n Tand vir n tand Sal seker nou weer se is apartheid se skuld en versagtende omstandighede want “gped “is nog jonk en eerste oortreding ens maar boeta as jy wit is en jy dit met een van die swartes gedoen was jy seker ir die res van jou lewe in tronk

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.