Polisiekonstabel verkrag 16 vroue

SAPDʼn Gautengse polisiekonstabel is skuldig bevind aan die verkragting van ten minste 16 vroue, het The Star Vrydag berig.

Die Johannesburgse hooggeregshof het Donderdag konst. Mokolo Molekoa op 35 van die 46 aanklagte teen hom skuldig bevind. Hy is skuldig bevind op 16 van 17 aanklagte van verkragting, nege van ontvoering, sewe van roof, twee van poging tot roof en een van diefstal.

Volgens die koerant is Molekoa ʼn reeksverkragter wat tussen Maart 2011 en Junie verlede jaar doenig was. Hy het vroue rygeleenthede in sy BMW aangebied, waarna hy hulle na ʼn afgeleë gebied sou neem en verkrag het.

Sy vonnisoplegging sal volgende jaar plaasvind.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Jou Tier ·

Dit is mos maar ‘n daaglikse ding in die Nuwe Swart Suid Afrika

Henko ·

Konstabel en hy het ‘n BMW, wat ek net nie kan verstaan, in vandag se tyd (eintlik jare al) kan GEEN mens meer saam met ‘n vreemdeling in ‘n kar klim nie. Wanneer gaan mense eendag leer? Nee wat, hierdie een is skuim gebore en behoort so dood te gaan ook.

Jasper ·

Hy behoort al kaptein van die nasionale span te wees. Wonder vir watter klub gaan hy nou uitdraf, Zonderwater of Pretoria Sentraal ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.