Polisielede erken dat hulle Gupta-gaste begelei het

Agt van die 11 Tshwane-metropolisiebeamptes wat daarvan beskuldig word dat hulle gaste van die Gupta-troue van die Waterkloof-lugmagbasis na Sun City begelei het, het Maandag skuld erken.

Blessing Manale, woordvoerder van die munisipaliteit, sê twee beamptes het tydens die dissiplinêre verhoor onskuldig gepleit terwyl nog ʼn beampte eers aangekla sal word wanneer hy van siekverlof terugkeer. Die verhoor sal op 27 Junie voortgaan. Console Tleane, uitvoerende direkteur van die Tshwane-metropolisie, het vroeër gesê die omvang van die skade wat deur die beamptes se betrokkenheid in die Gupta-fiasko veroorsaak is, word ondersoek. “Ons moet onself afvra tot watter mate is die integriteit van die departement en Tshwane benadeel.”

Tleane het die nie die aanklagte waarop die beamptes tereg staan bekend gemaak nie maar het wel gesê dat die ondersoek sal bepaal of hulle munisipale-beleid oortree het deur eksterne werk te doen sonder die toestemming van die hoof van die polisie. “Die beleid bepaal ook dat werknemer nie private werk wat soortgelyk is aan hul amptelike werk is mag doen nie,” het Tleane gesê. Die beamptes het glo blou ligte en vals nommerplate aan hul private motors aangebring om gaste na die Gupta-troue te begelei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Trudie ·

As iemand wat vir Tshwane metro werk die naweek of op sy afdae of in sy verlof my kind vervoer na n troue enebetaal sy verblyf dan het hy soortgelyk werk gedoen wat hy as metro beampte doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.