Polisielede vas na beweerde Tukkie-verkragter ontsnap

Twee polisiebeamptes is in hegtenis geneem nadat ʼn man wat na bewering ʼn Tukkie-student verkrag het uit aanhouding ontsnap het.

ʼn Polisiewoordvoerder, lt. kol. Lungelo Dlamini, sê die verdagte het Vrydag deur ʼn badkamervenster by die Dr George Makhuri hospitaal ontsnap. ʼn Studente konstabel en adjudant-offisier is kort hierna in hegtenis geneem en sal na verwagting Maandag in die Pretoria Noord landdroshof verskyn. Die man is Woensdag in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn Tukkie-student verkrag en met ʼn mes gesteek het. Die verdagte was in aanhouding by die Pretoria Noord-polisiestasie. Hy is na die hospitaal geneem nadat hy gesê het hy voel siek. Die Tukkies-student is na bewering 22 keer met ʼn mes gesteek aan onder meer haar gesig, nek en bene.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.