Polisielid skiet meisie, pleeg selfmoord

‘n Polisiebeampte in Noordwes het glo sy meisie doodgeskiet en toe selfmoord gepleeg.

“’n 33-jarige konstabel het na bewering sy 32-jarige meisie in Geelhoutpark, Rustenburg, doodgeskiet voordat hy homself geskiet het,” het kapt. Amanda Funani, woordvoerder van die polisie in Noordwes, gesê. “Die paartjie het glo argumenteer. Die bure het die Tlhabane-polisie ontbied to hulle skote hoor.”

“Die polisie het die twee liggame op die vloer aangetref, beide met geweerskote. Vermoedelik het die lid eers sy meisie doodgeskiet voordat hy homself geskiet het,” het Funani bygevoeg. Die polisie ondersoek ‘n saak van moord en ‘n geregtelike doodsondersoek sal uitgevoer word.

Maroela Media het vroeër berig ‘n polisiebeampte van Noordwes het in ‘n afsonderlike voorval ook eers sy meisie in die heup geskiet voordat hy selfmoord gepleeg het. Klik hier om meer te lees.

Funani sê die polisie doen ‘n beroep op beamptes om van die diense van welstandsbeamptes gebruik te maak indien hulle depressief voel of sukkel om hul omstandighede te hanteer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.