Polisielid vas na bankroof gefnuik word

Drie mans is Dinsdagoggend in Witbank in Mpumalanga in hegtenis geneem nadat hulle ʼn bank probeer beroof het.

Een van die verdagtes is ʼn polisiebeampte van die Witbank-polisiekantoor. Die mans het by die Klipfontein Standardbank ingebreek toe die alarm afgegaan het. ʼn Woordvoerder van die polisie, kapt. Leonard Hlathi, sê sekerheidswagte het die verdagtes betrap en die toneel beveilig. Hy sê die polisie is steeds op die toneel. Hlathi sê hulle verwag om nog verdagtes in verband met die voorval in hegtenis te neem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.