Polisielid vas vir bedrog

‘n 47-jarige adjudant-offisier is Dinsdag in Pietermaritzburg in hegtenis geneem nadat hy glo R10 000 omkoopgeld by ‘n verdagte, wat van bedrog aangekla word, versoek het.

“Die beampte is omstreeks 12:00 in ‘n winkelsentrum aangekeer, minute nadat hy R7 000 van die R10 000 omkoopgeld ontvang het,” het Paul Ramaloko, woordvoerder van die Valke, gesê. Hy sê die verdagte, wat van bedrog aangekla word, is in 2009 in hegtenis geneem nadat hy glo ‘n grondgryp uitgevoer het. Hy het met die polisie in verbinding getree toe die beampte gesê het hy kan sy saak “nietig verklaar”.

“Die adjudant-offisier het die verdagte glo belowe dat, indien hy die R7 000 ontvang, hy die saak nietig sal laat verklaar en dat die grond syne sal wees,” het Ramaloko gesê. “Die beampte sal Woensdag in die landdroshof in Pietermaritzburg verskyn op ‘n aanklag van korrupsie.”

Die beampte is glo by die Alexandra Road-polisiestasie gestasioneer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.