Polisielid wat vrou in tronk verkrag het steeds in aanhouding

ʼn 31-jarige polisiebeampte wat in hegtenis geneem is op aanklag dat hy ʼn verhoorafwagtende gevangene verkrag het, sal tot sy volgende verhoordatum in Maart in aanhouding bly, het KwaZulu-Natal se polisie Maandag gesê.

Die konstabel het verlede week in die hof verskyn en sy saak is tot 30 Maart uitgestel. Hy sal tot dan in aanhouding bly, het woordvoerder kolonel Jay Naicker gesê. Hy het glo op 18 Desember verlede jaar ʼn verhoorafwagtende gevangene by die Glendale polisiestasie aan die noordkus van KwaZulu-Natal verkrag. ʼn Polisiebeampte het “vreemde geluide” in die aanhoudingselle gehoor en toe gaan ondersoek instel, het Naicker gesê. “ʼn 32-jarige vrou het vir hom gesê sy is sopas deur die gewapende konstabel verkrag.” Die vrou was in aanhouding vir aanranding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.