Polisieman dood gevind na beweerde padwoede voorval

ʼn Polisiebeampte se liggaam is in ʼn sloot gevind in Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal nadat hy vroeër vermis geraak het.

ʼn Polisiewoordvoerder, kol Jay Naicker, sê ʼn reuse soektog is Sondagoggend omstreeks 6:00 van stapel gestuur na konst. Skhumbuzo Mkhwanazi (32). Hy het glo vermis geraak nadat hy en ʼn motoris in ʼn geveg betrokke geraak het tydens ʼn beweerde padwoede voorval Saterdagoggend. Geen verdere inligting is in die stadium oor die beweerde padwoede voorval bekend nie. Naicker sê Mkhwanazi het nie teruggekom huis toe na die beweerde voorval nie en ʼn soektog is van stapel gestuur in die area waar hy laas deur vriende gesien is. Hy sê ʼn nadoodse ondersoek word gedoen om te bepaal waaraan Mkhwanazi dood is. Mkhwanazi is volgens ʼn berig in die Daily Sun, die broer van die nasionale waarnemende polisiehoof, lt gen Nhlanhla Mkhwanazi. Naicker en Mkhwanazi se kantoor kon dit nie onmiddellik bevestig nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.