Polisieman, drie ander vas wat glo wou inbreek

Vier mans, insluitend ʼn polisiebeampte, is in hegtenis geneem toe hulle glo op pad was om by ʼn huis in Johannesburg in te breek.

Lt. Kol Lungelo Dlamini, ʼn polisiewoordvoerder, sê die mans is in hegtenis geneem toe hulle by die huis in Macdonaldstraat in Jeppe opgedaag het. Dlamini sê die polisie het ʼn wenk ontvang dat die mans beplan om by die huis in te breek. Volgens Dlamini is daar onder meer polisieuniforms, handboeie, ʼn dienspistool, ʼn skokstok en nege selfone in die mans se besit gevind. Daar is ook op drie motors beslag gelê. Een van die mans is ʼn polisiebeampte by die Johannesburg-Sentraal-gevangenis. Die mans sal na verwagting Vrydag in die Johannesburg-landdroshof verskyn op aanklag van sameswering om ʼn huisbraak te pleeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

SANETTE HENNING ·

PATETIES WIE KAN ONS VERTROU. BESLIS NIE DIE POLISIE NIE!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! DIS WAAROM MENSE REG IN EIE HANDE NEEM

Edith ·

And we are supposed to go the the police when we need help!? No ways. Will rather use my security company.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.