Polisieman geskiet in ondersoek na huismoles

ʼn Bloemfonteinse man is in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn polisiebeampte wat ondersoek gaan instel het na ‘n klag van huismoles, geskiet het.

Kapt. Chaka Marope, woordvoerder van die polisie, sê konst. Mathe Sefuthu van die taktiese reaksie-eenheid is Maandagaand in beide sy bene geskiet. Marope sê die polisie is na ʼn huis in Pellissier ontbied nadat ʼn buurman geweerskote gehoor het. Sefuthu se eenheid het bystand aan die lede van die Parkweg-polisie gebied. Marope sê ʼn man het op polisielede losgebrand toe hulle die huis se erf binnegegaan het en Sefuthu is gewond. Die 40-jarige man is in hegtenis geneem en sal na verwagting Woensdag in die Bloemfontein-landdroshof verskyn op aanklagte van poging tot moord. Die polisie het op sewe jaggewere en ʼn 9mm-pistool beslag gelê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.