Polisieman gevonnis vir moord op kollega

polisie 2ʼn Polisiebeampte is Woensdag in die hooggeregshof in Johannesburg gevonnis vir die moord op ʼn kollega.

Moses Dlamini, woordvoerder van die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod), sê konst. Benson Lwayiphi Lufele (35) is tot 18 jaar tronkstraf gevonnis vir moord en ses jaar vir poging tot moord. Lufele is in Desember skuldig bevind op die aanklagte teen hom. Lufele het kapt. Mtembeni Walter Sibisi (48) op 19 Augustus 2012 doodgeskiet terwyl hulle albei van diens af was. Lufele het met sy motor in Enoch Sontongastraat in Katlehong aan die Oos-Rand gery terwyl Sibisi en sy seun ook op dieselfde pad gery het. Die beamptes se voertuie het by ʼn kruising gebots waarna ʼn argument tussen die twee ontstaan het. Dlamini sê beide mans was onbewus dat hulle albei polisiebeamptes was. Lufele het Sibisi glo verskeie kere geskiet toe Sibisi sy motorsleutels probeer afneem het. Dlamini sê Sibisi is op die toneel dood verklaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

sarie ·

Moor mekaar uit,dis reg.Die Uniform word mos net in die hand gedruk,gaan doen die werk .Dis mos hoe dit floreer in ons nuwe land.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.