Polisieman glo deur taxibestuurder aangerand oor boete

ʼn Taxibestuurder is Maandag in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn Johannesburgse metropolisiebeampte, wat vir hom ʼn boete uitgereik het, aangerand het.

Hoofsuperintendent Wayne Minnaar, die woordvoerder van die metropolisie, sê die taxi is in Langlaagte van die pad af getrek nadat die bestuurder glo tydelike versperrings, wat opgerig is om spitstydverkeer te verlig, in die pad verontagsaam het.

“Die beampte is in die maag geslaan terwyl hy besig was om ʼn boete uit te reik. Die beampte en bestuurder het gestoei, waarna die bestuurder in hegtenis geneem is,” het Minnaar gesê.

Die taxibestuurder moet binnekort in die hof verskyn op aanklagte van aanranding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Flash ·

Now I am eating humble pie!
Just after I commented about the useless Metro police’s harassment of law abiding citizens, they actually arrest a taxi driver.
Hats off to the Metro Police!!!
My sincere apology for criticising you guys. If you can only arrest all the darn taxi hooligans it would justify your existence!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.