Polisieman glo vir sleepwedren gevang

Argieffoto

Twee mans, insluitend ‘n polisiebeampte, is in hegtenis geneem vir sleepwedrenne (drag-racing) in Parow, het verkeersowerhede in Kaapstad Vrydag gesê.

Maxine Jordaan, woordvoerder vir verkeersdienste, sê die twee mans het die verkeersvloei Dinsdag ontwrig en teen uitermatige hoë spoed gejaag. “Verkeersbeamptes het hul agterna gesit en kon beide aftrek,” het sy gesê. Die polisieman het ontken dat hy gejaag het, terwyl die ander motoris beamptes gesmeek het om hom eerder net ‘n boete op te lê. “Hulle is beide in hegtenis geneem en staar klagtes van roekelose bestuur in die gesig wanneer hulle binnekort in die landdroshof in Parow sal verskyn,” het Jordaan gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.