Polisieman in hof vir seksuele misdrywe met dogters

SAPDʼn Polisiebeampte van KwaZulu-Natal verskyn Woensdag in die hof nadat sy dogters hom van verkragting en seksuele aanranding aangekla het.

Volgens die provinsie se departement van maatskaplike ontwikkeling het die pa homself verlede Dinsdag aan die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) oorgegee.

Ncumiza Fandesi, woordvoerder van die departement, het gesê die polisiebeampte gaan in die Ntuzuma-landdroshof verskyn. Hy word daarvan beskuldig dat hy een van sy dogters (16) herhaaldelik verkrag het, en sy ander dogter (15) seksueel aangerand het. “Die oudste dogter beweer haar pa het haar van verlede jaar af begin verkrag. Die 15-jarige beweer sy word sedert Maart seksueel aangerand,” het Fandesi gesê.

Die polisiebeampte, van die KwaMashi-polisiestasie, gaan na verwagting om borgtog aansoek doen.

Die twee dogters en hul negejarige sussie is na ʼn plek van veiligheid genem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Pieter Potgieter ·

Sies man. Jy moes hulle beskerm en lief he dis jou bloed. Die duiwel is omtrent bedryfwig met sy verstrooing van families deur seks drange by mense. Ons moet net bid dat God nassies sal laat besef sonde is sonde en daar is reding. Bekeer jou net en dien God dat Hy jou begeertes onder beheer kan hou. Pas jou lieflinge op met vrees vir God en Sy gebod.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.