ʼn Polisiebeampte is Saterdagaand deur gevangenes verwurg by die Katlehong-polisiestasie.
Brig. Lindela Mashigo, ʼn polisiewoordvoerder, sê ao. Lennox Latha het gaan ondersoek instel nadat hy iemand hoor roep het van die aanhoudingselle. Mashigo sê Latha het deur die eerste hek beweeg voor die gevangenes hom oorrompel het toe hy deur die tweede hek beweeg het. Hy is glo met ʼn stuk kombers verwurg. Twee Mosambiekse burgers kon daarin slaag om te ontsnap en is steeds op vrye voet. Hulle beweerde medepligtiges is in aanhouding. Die vier verdagtes word verbind met ʼn beweerde kaping in Gauteng. Gen. Riah Phiyega, nasionale polisiehoof, het haar medelye uitgespreek teenoor die vermoorde polisiebeampte se familie.