“Polisieman” in hegtenis geneem

handcuffs3-320x257ʼn 26-jarige man is in Johannesburg in hegtenis geneem nadat hy homself glo as ʼn polisiebeampte voorgedoen het.

Ao. Xoli Mbele het gesê die man is Maandag op die hoek van Wanderers- en Breestraat in Johannesburg in hegtenis geneem. “Die polisie was besig met roetine misdaadvoorkomingsoperasies in Johannesburg se middestad, toe ʼn lid van die gemeenskap hulle oor die man ingelig het,” het Mbele gesê.

Hy het gesê die polisie het die man aangekeer, deursoek en op ʼn vervalsde SAPD-identiteitsdokument afgekom.

Mbele versoek dat enigiemand, wat deur ʼn polisiebeampte beroof is, om dit by hul naaste polisiestasie aan te meld. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.