ʼn 26-jarige man is in Johannesburg in hegtenis geneem nadat hy homself glo as ʼn polisiebeampte voorgedoen het.
Ao. Xoli Mbele het gesê die man is Maandag op die hoek van Wanderers- en Breestraat in Johannesburg in hegtenis geneem. “Die polisie was besig met roetine misdaadvoorkomingsoperasies in Johannesburg se middestad, toe ʼn lid van die gemeenskap hulle oor die man ingelig het,” het Mbele gesê.
Hy het gesê die polisie het die man aangekeer, deursoek en op ʼn vervalsde SAPD-identiteitsdokument afgekom.
Mbele versoek dat enigiemand, wat deur ʼn polisiebeampte beroof is, om dit by hul naaste polisiestasie aan te meld. – SAPA