Polisieman in hof na bloulig-aanranding

ʼn Voormalige lid van die presidensiële beskermingseenheid, Reeves Malebane, sal Woensdag in die Tembisa landdroshof verskyn nadat hy glo vyf jaar terug ʼn voetganger aangerand het.

ʼn Polisiewoordvoerder, konst. Mokete Serakwane, sê Malebane was ʼn lid van die presidensiële beskermingseenheid toe die voorval in 2006 plaasgevind het. Serakwane wou egter nie kommentaar lewer oor die vertraging in die saak nie en het navrae na die departement van justisie verwys. Die departement se woordvoerder, Tlali Tlali, kon egter nie vir kommentaar bereik word nie. ʼn DA woordvoerder, Kate Lorimer, sê Malebane word aangekla van aanranding nadat hy glo ʼn voetganger te lyf gegaan het omdat hy nie padgegee het vir ʼn bloulig-konvooi wat oud-president Thabo Mbeki in Midrand vervoer het nie. Lorimer sê Malebane het glo vir Walter Scheiblecker in die gesis geslaan en hom gevloek. Lorimer sê daar is baie onbeantwoorde vrae, soos hoekom dit vyf jaar geduur het voor Malebane in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.