Die studente konstabel wat glo die 16-jarige Thato Mokola doodgeskiet het tydens ʼn klopjag by sy huis in Soweto, het Maandag vlugtig in die Roodepoort landdroshof verskyn.
Sipho Mbatha (41) sal Vrydag om borgtog aansoek doen. Die staat het gevra dat die saak uitgestel word aangesien daar steeds ʼn uitkenningsparade gehou moet word. Mbatha is Vrydag in hegtenis geneem vir die moord op Mokoka. Hy het Mokoka glo Dinsdag doodgeskiet nadat daar ʼn klopjag uitgevoer is op die huis waar hy gebly het. Die polisie het glo inligting ontvang dat Mokoka in besit was van ʼn onwettige vuurwapen. Die hofsaal was volgepak met Mbatha se verskyning. Talle minderjariges is gevra om die hof te verlaat aangesien kinders onder die ouderdom van 18 nie in die hof toegelaat word nie. ʼn Groep tieners het buite die hof betoog.