Polisieman in hof oor ‘verkragting’

ʼn Polisiekonstabel het Dinsdag in die Kimberley-landdroshof verskyn nadat hy glo ʼn 16-jarige meisie verkrag het.

Moses Dlamini, woordvoerder van die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod), sê die 36-jarige konstabel het die meisie glo Maandag verkrag. “Die konstabel het die meisie van haar huis af gevat en na ʼn afgeleë gebied geneem.” Hy het haar glo verkrag en weer later by die huis afgelaai. Die meisie se gesin het haar na ʼn hospitaal geneem vir mediese behandeling waar ʼn dokter bevestig het sy is verkrag. Die konstabel is Maandagmiddag by die Kimberley-polisiestasie in hegtenis geneem nadat ʼn saak teen hom aanhangig gemaak is. Hy bly in aanhouding en sal volgende week weer in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.