Polisieman in hof vir verkragting

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Polisiebeampte van Limpopo het in die Seshego-landdroshof verskyn op aanklagte van verkragting en korrupsie.

Moses Dlamini, woordvoerder van die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod), sê die beampte is op 21 Februarie in hegtenis geneem. Dlamini sê die verkragting het glo op 1 Februarie plaasgevind toe ʼn 26-jarige vrou na die beampte se huis in Seshego is en hom om hulp gevra het vir haar persoonlike probleme. Die beampte is glo ook ʼn pastoor by die Zion Christian Church. “Daar word beweer dat die verdagte die slagoffer beveel het om haar klere uit te trek en seks met hom te hê aangesien dit glo deel van die kerk se ritueel is om die slagoffer te reinig van slegte geluk. Die slagoffer beweer dat die verdagte homself op haar forseer het.” Dlamini sê die beampte het glo sy bevelvoerder omkoopgeld van R3 000 aangebied nadat hy van die verkragting uitgevind het. “Daar word ook beweer dat die verdagte die slagoffer R50 000 aangebied het om die saak terug te trek.” Dlamini sê die polisiebeampte is op borgtog van R2 000 vrygelaat en die saak is tot 14 April uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.